• Home
  • Membership
    • Membership & Benefits
    • Join Think Bike
    • Update Personal Details
    • Expiry Enquiry
    • Updates from Membership
    • Meet the Team
    • AGM Details
  • Sponsorship
    • Sponsor Options
  • Galleries
  • Events
  • Contact Us
    • National Portfolioheads
    • Directors
  • Shop
  • Forum
  • About Think Bike
  • In The Media
  • Safety
  • TB Documents

jonwaytb

pics computicket1

93point8

supports

Think Bike.

Facebook-32

Twitter_2-32

PDF | Print | E-mail

Think Bike

Veiligheidsbewustheidsveldtog

Mediavrystelling

 

16 Augustus 2011

 

Die nuwe tolstelsel wat eersdaags in Gauteng in werking gestel gaan word misken die motorfietspendelaar se bydrae tot die verligting van verkeersdruk op ons paaie. Motorfietspendelaars maak gebruik van 'n omgewingsvriendelike, ekonomiese, tyd- en spasiebesparende vervoeropsie.

 

En nou, met die nuwe tolheffings op Gauteng se snelweë, straf die regering die motorfietspendelaar vir hierdie bydrae.

 

'n Motorfiets se daaglikse loopkoste is in die omgewing van 45c/km. Deur tolgeld van 24c/km by te voeg, verhoog hierdie pendelaar se koste met meer as 50%.

 

Die internasionale neiging is om omgewingsvriendelike vervoermetodes te beloon, maar dit blyk dat ons regering onbewus is daarvan. Hier word jy gestraf as jy “groener” wil wees.

 

Dit is vir THINK BIKE geweldig teleurstellend dat die regering nie veel ag geslaan het op ander menings tydens sy konsultasieproses rondom Gauteng se tolpaaie nie. Voorleggings deur groot rolspelers is meestal geïgnoreer en versoeke vir inligting is met groot weerstand begroet. As die regering besluit het om eerliker met rolspelers te konsulteer, kon die uiteinde van die onderhandelinge dalk 'n meer aanvaarbare model gewees het.

 

THINK BIKE stem saam met die besluit om openbare vervoer vry te stel van die tolheffing, maar ons voel die regering het 'n gulde geleentheid laat verbygaan om pendel met 'n motorfiets aan te moedig deur te besluit op 'n tolheffing van 24c/km. Dit kon so goed saam met openbare vervoer gewerk het as 'n meer ekonomiese vervoeropsie as privaat motors.

 

Motorfietse is ligter op brandstof as motors, gebruik min plek op die pad, het minder parkeerspasie nodig,beweeg beter deur die verkeer en bied die beste oplossing vir wat ons sien as die grootste probleem in verkeersdruk – voertuie wat net een persoon vervoer.

 

Motorfietsryers het oor die algemeen 'n probleem met tolpaaie, omdat hulle gedwing word om dieselfde tolgeld te betaal as die bestuurder van die groot nutsvoertuig wat sy groot boot of woonwa sleep. Ongelukkig is die laer tarief vir motorfietse op die Gautengse snelweë (24c/km teenoor 40c/km) nie regtig veel van 'n troos nie. Die regering kon van die geleentheid gebruik gemaak het om meer ekonomiese vervoeropsies aan te moedig – maar hy het nie.

 

Alhoewel baie motorfietsryers hul fietse gebruik vir ontspanningsaktiwiteite, is daar ook baie pendelaars wat motorfietse verkies as 'n meer ekonomiese vervoermiddel.

 

Dit is werklik jammer dat die regering nie die sin daarin gesien het om 'n alternatief te bied vir die nuwe koste nie. Ons erken dat groot vordering gemaak word om die openbarevervoerinfrastruktuur te verbeter met projekte soos die Gautrain, maar motorfietspendelaars gaan nou gedwing word om verhoogde reiskostes te hê, sonder die opsie van 'n goedkoper alternatief.

 

THINK BIKE het in die verlede met die nasionale vervoerdepartement geskakel oor angeleenthede soos tolpaaie en 'n motorfietsbaan op die snelweë, maar daar het niks van gekom nie. Ons kan net aanneem dat motorfietsryers nie as belangrik gesien word nie en nie veel meer werd is as die lisensiegelde wat hulle betaal nie.

 

Deur enkelpersoonvoertuie op die snelweë te vervang met motorfietse, kan die onderhoudsintervalle van die paaie verleng, want motorfietse beskadig paaie aansienlik minder as motors, busse en trokke.

 

Ons voel dit is naïef om te dink dat die tolsnelweë verkeersopeenhopings gaan verminder. Die beste waarop gehoop kan word is dat die opeenhopings gaan skuif na sekondêre roetes – wat weer die onderhoud van daardie roetes gaan verhoog omdat dit nie vir die verkeerslading ontwerp is nie. En dan gaan daar weer 'n nuwe befondsingsmodel daarvoor uitgedink moet word.

 

THINK BIKE gaan met ander rolspelers skakel om te sien hoe ons die regering daarvan kan oortuig om konsultasie oor die tolpaaie te heropen. Belangstellendes kan met ons in verbinding tree deur 'n e-pos te stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

Uitgereik namens die THINK BIKE Veiligheidsbewustheidsveldtog

 

Réhann Coetzee

Direkteur

 

THINK BIKE is 'n Artikel 21-maatskappy wat heeltemal deur ondersteuners bedryf word. Die veldtog se leuse is "Raising awareness, saving lives" en dit word deur drie doelwitte bereik:

• om bewustheid van motorfiets- en fietsryers te verhoog onder ander padgebruikers

• om veilgheidsbewustheid onder motorfietsryers te verhoog

• om motorfietsryers aan te moedig om die korrekte beskermende drag te dra

 

Vir meer oor motorfietsveiligheid, besoek www.thinkbike.co.za

 
Copyright © 2010 Think Bike.
All Rights Reserved.

Home | Articles of Association | Terms & Conditions